Who would have thought that almost three years after walking through the doors of AA for the first time, I would be sitting here, still talking about DAY 1. What a looser is pretty much all I'm thinking right now. I had my first share at AA last night - perhaps 'n memorable DAY 1 if you think about it and something clicked. Something changed. So this is me, this is how I'm going to do this. I will blog. I will write the demon of alcohol out of my system. I will explain and I will bitch and I will survive one way or another.
Just for history, I am an Alkie, an Afrikaans one at that :-). I come from a family of alcohol abusers and married into one. This makes sobriety a new concept - for me and my husband. He unfortunately has not made the decision to get sober so I have been struggling for 2 years to stay sober. My daughter is 3 years old and deserves a better life. I deserve a better life. Maybe this is the start of that better life. I know I'm not alone. And I have no intention of dwelling in the past in these pages. Here I will recover, in cyberspace that I love so much, and who knows, maybe someone will surf into these pages, and I may just save a life, even if it's only my own.
Below is what I mailed my sponsor today - we will name him Koos for the sake of anonymity:
Hi Koos
Ek is bly ek kon gisteraand deel. Het jou sms gekry. Gisteraand het weird gevoel. Asof daar iewers in my siel 'n roof afgekrap is. Ek het nie besef dit sal vir my so swaar wees om te praat nie, daar was nog so baie wat ek sou wou se, maar dit was so ongeorden. My gedagtes was chaos en ek het besef hoeveel werk ek nog het om te doen.
Mens lees altyd stap 1 en dink, okay, ek het by AA opgedaag, so stap 1 - check. Dis nie so maklik nie. Om die feit dat jy heeltemal magteloos oor drank is deel van jou sige te maak is baie groter as net opdaag by AA. Ek het gisteraand die hele Hoofstuk 3 weer gelees en half mismoedig gevoel. Ek is nie seker hoekom nie.
Wanneer ek AA toe gaan en dan by die huis kom, is daar 'n stilte tussen my en my man. So 'n vreemde dik stilte. Ons altwee weet waaroor dit gaan, maar niemand se iets nie en dit voel of ek kan ontplof. Ek het besluit om nie 'n ander verhouding aan te knoop nie. Dit was ook 'n kranksinnige idee. Ja ek wil geliefd voel, ek wil gelukkig wees, ek wil vry van drank wees, maar ek moet eers myself opspoor. My kop is chaos, my lewe gelukkig nie meer so erg nie. Ek het 'n lys besluite wat ek moet neem wat my angsbevange laat.
Vanoggend het ek opgestaan en weer besluit net vir vandag sal ek nugter wees, net vir vandag sal ek die mamma wees wat my dogtertjie verdien.
Dit voel soos so eenvoudige besluit, maar dra soveel gewig in die wendings wat my toekoms gaan neem. Ek sien uit daarna om sterk te voel in my oortuigings, want ek doen regtig nog nie. Dis een ding om iets te weet, dis 'n ander om dit te leef.
My dogtertjie het gisteraand vir my gevra hoekom hou mense vergadering, en sonder om te dink het ek geantwoord: "Want miskien red dit hulle lewens". Ek het gisteraand vir die eerste keer besef dat ek in die AA tussen vriende is. Ek het geborge gevoel. Dis die enigste plek waar ek regtig nie hoef te jok nie. Waar elke swakheid waaroor ek myself kasty vir iemand anders ook 'n leefstyl was. Waar elke fout wat ek ooit gemaak het, elke stupid besluit, onveroordeeld staan. Ek bid vandag Koos, dat ek dit sal maak, dat ek dit sal kan doen. O, hemel Koos ek is moeg - jonk van dae, oud van jare. Ek weet nie wie ek is nie. En dis angswekkend.
My troos vandag is dat ek hierdie mail kan stuur, dat ek my foon enige tyd kan optel en dat ek net vandag hoef nugter te bly.
Dankie
Ek hoop jou dag is merkwaardig.
Groete
SoberSannie
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment