Gisteraand was weer baie sleg. Ek het na 'n step meeting gegaan, wat baie insiggewend was. Tuis is ek deur my man ingewag. Hy wou praat. Soos dit gewoonlik deesdae gaan het hy gepraat en beskuldig en beledig. Gedreig om te loop, verklaar dat hy moed opgegee het. Vertel hoe dit mys kuld is dat niks beter raak vir hom nie en verwag dat ek myself moet regruk sodat alles kan reg wees. Ek moes aanhoor dat ek vieslik selfsugtig is omdat ek my nugterheid opblaas tot die punt dat dit almal uit my lewe skuif - natuurlik hy ook. Dat ek nugterskap my alfa en omega maak en vir niks en niemand anders omgee nie. Ek het soos deesdae die norm, stil gesit en luister en gebid dat God dit gou verby sou laat gaan. Dit het nie, nie voor ek aan my arm regop geruk en weer vergil, bang en verpletter, emosioneel uitgeput was nie. En toe wil hy agter my inkruip asof ons 'n heerlike dag saam gehad het...
Om te erken dat ek groot skuld dra aan die verval van my huwelik, verg baie moed en 'n nederigheid waaroor ek nie altyd beskik nie. Die ou woede kom steek dikwels kopuit en dan kom die verontskuldigings en regverdigings. Ek voel meeste van die tyd so ondraaglik skuldig dat ek nie kan asemhaal nie. Ek vind my behoud in die feit dat ek sedert ek voor die Here gesweer het ek sal nooit weer aan 'n ander man raak nie - ek ook nie het nie. Ek het darem een belofte gehou. Dis hoekom ek besluit het om die laaste flenters van my moed bymekaar te skraap om die steps werklik deur te werk. Ek moet my pakhuis skoon kry, sodat ek die wereld en my man in die oe kan kyk en kan glo dat dit waarvan ek nogsteeds beskuldig word, nie waar is nie. Sodat my selfbeeld kan herstel.
Ek het myself belowe daardie dag toe ek uit die prokureur se kantoor stap dat 2010 die laaste jaar van swaarkry was. 2011 sal 'n jaar van besluitneming, aksie en verandering - verbetering wees. En selfs al moet ek nog bietjie hartseer verduur om daar uit te kom, dis okay. Teen die einde van hierdie jaar gaan ek met my kop omhoog die sonstrale voel en in die reen dans. Ek sal die stof van 'n nuwe lewenspaadtjie op my skoene he.
Ek het so dikwels al deur die AA se deure beweeg met halwe intensies, moedeloos en vinnig weer uit nugterskap gepraat. Moed opgegee. Maar ek het gisteraand besef dat ek geestelik heeltemal opgedroog het. Ek het iewers opgehou om God te vetrou met my lewe, miskien ook bietjie vir die verloop daarvan verwyt. Ek draai nie na Hom wanneer ek self nie kan nie. Ek het ook besef dat ek desperaat is en ek het nerens anders heen om te gaan as na God toe nie. Ek is alleen. Gelukkig weet ek daar is meer, 'n hoër krag, al voel ek dit nie nou nie.
Van Koos:
Hello Sanna
Jy gebruik die term “dat ek geestelik heeltemal opgedroog het”.
Ek onthou die aand wat ‘n baie spesiaale mens in my lewe my oppad na ‘n AA vergadering gevra het hoe ek voel…my antwoord was..” I am emotionaly bankcrupt”.
Vir my is die ‘geestelike of spiritueele’ die eweknie van die ‘emosionele’. Dit wat ek voel en ervaar maar nie kan beskryf nie.
Ek was toe in die huwelik – saam onder een dak maar ‘geestelik’ sover as die Ooste van die Weste verwyder. Dit was nag!
Vandag loop ek denkbeeldig mank na vele worstelinge met myself en “the God of my understanding”…maar ek is vry van alkohol en vry van die een wat my lewe wou besoedel met beskuldigings wat nie waar was nie.
Praat met iemand wat proffesioneel is oor die laste wat jy so swaar saam dra…dit maak ‘n mens moeg en ‘n moeë mens het nie energie om “fun” te hê in sy pad op en na nugterskap/VRYHEID nie.
Sterkte – Your worth it !!
K
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment