Ek het gisteraand lank met my man gesels. Tot laat nag. Baie gehuil. Hy wil he ek moet vergewe en vergeet en my arms om sy nek gooi en aanbeweeg. Ek wens bitterlik dat ek kon. Die vergewe is nie die probleem nie. Vergeet seker ook nie, wie wil in elkgeval heeldag aan die nare verlede loop en dink? Die probleem le in die oorgee. Die toelaat dat my hart, my lewe weer deur my man geimpak kan word. Ek is angsbevange.
Ek het hom vertel gisteraand hoe ek sedert ek die eerste maal AA toe gegaan en nugter geword het ek my verhouding met die Here gebou het. Ek het aan Hom vasgeklou vir lewe en dood. Ek het gesien hoe kragtig Hy is en ek het gevoel hoe dit voel om vry te wees, liefgehe te word sonder voorwaardes of skuld. En ek het gebid. Dag ek nag vir my man. Dat die Gees in hom sou werk en hom sou oortuig dat daar 'n beter lewe aand die ander kant van die whiskey bottel is. Vir my was dit steeds 'n opdraende styd. Ek was op en af van die wa af. Maar ek het bly hoop en glo. Vir myself en my man. En toe gebeur dit. Hy sien die lig. Dit was om en by 11 Mei verlede jaar. Ek was so bly. Ek het die Here geloof en geprys, sy lof besing uit dankbaarheid dat hy my man vir my terug gegee het soos ek hom nog nooit geken het nie. Ek was gelukkig, vol hoop. Trots op my man. Ons het saans tot laat op die stoep gesit en gesels, koffie gedrink en ek kon ure in verwondering luister na die helder bekentenisse wat hy gemaak het. Hy het sy foute erken, hy het berouvol gelyk. Hy was emosioneel en eerlik.
Maar twee maande later het hy op dieselfde stoep gesit, met 'n bier in die hand. Die woorde: "Dis die eerste keer in maande dat ek normaal voel", het my verpletter. Ek het daardie dag op 18 Julie 2010 gevoel hoe ek doodgaan. Die rebellie teen God het in my begin opdruis. Ons was toe albei 70 dae nugter. Ek het moed opgegee. Drank weer begin regverdig. Ek was siek van die skuldgevoelens en totale verlorenheid wat my beetgepak het. Ek het gedink aan 'n aanhaling wat ek eendag ook hier op my blog geplaas het: "I may not remember what you said. I may not remember what you did, but I will remember the way you made me feel." Ek het nou, 8 maande later, nogsteeds nie vergeet hoe ek daardie dag gevoel het nie.
Hy dink ek is selfsugtig, bang en gemeen. Hou hom aan 'n lyntjie en mors ons tyd. Ek weet net dat ek nooit weer so kan voel nie. Vir my het daar 'n selfbewarings meganisme ingeskop wat onwrikbaar klou. Dit was die eensaamste, hulploosde, verwardeste oomblik van my hele lewe. Dit waarop ek al my hoop gesit het was weg. Ek ken myself. Ek sal nie weer so 'n slag oorleef nie. As ek weer moet drink, sal ek nie my gesig weer by die AA kan wys nie. Nie weer nie. As hy weer moet drink sal ek nie my lewe in die oe kan kyk nie. Ek kan nie 'n egskeiding oorleef of dit aan my dogter doen nie. Ek weet net ek kan nie.
Ek weet dat dit ek is wat my rug op God gedraai het. Ek weet dat ek opgehou het om Hom te vertrou. Met my eie lewe en my man s'n. Ek weet dat Hy als kan regmaak, nuut maak en my kan deurdra as ek maar net sou kies en vra. Soms wens ek dat God ons vrye keuse gespaar het en net namens ons wou kies. Dat Hy sou neerdaal en se: " Jy het A,B en C nodig, hier is dit". Maar nou wag Hy dat ons vra, dat ons kies. Die helfte van die tyd het ek nie 'n idee nie. Hoe kan ek weet wat om te vra en wat om te kies. Ek weet ook dat dit nie God se skuld is dat my man drink nie. Ook nie dat ek drink nie. Miskien wens ek net dat Hy my dit gespaar het. Hierdie lewe van 'n alkoholis en 'n alkoholis se vrou en 'n ander se dogter. Maar dan, die lewe is nie regeverdig nie. Wie is ek om iets beter te verwag?
Ek was immers die een wat ontrou was. Ek onthou die aand wat ek teenoor my man gebieg het oor my buite-egtelike eskapades (dit was beslis nie verhoudings nie). Ek kon die pyn in sy oe sien. Ek kon sy hart hoor breek. Ek was verpletter. Ek het geweet ek moes bieg en het gesweer nooit weer, nooit weer sal ek die oorsaak van soveel pyn en verwoesting wees vir my man nie. Al het ek myself vergewe, en weet ek ook die Here het my ook vergewe, bly my belofte om hom nooit weer seer te maak nie altyd agter in my kop met elke besluit wat ek neem. Ek het hom met soveel oorgawe liefgehad en gedien dat ek myself verloor het. Dat ek die gaping in my eie hart ongemerk laat aanhou bloei het. Vandag staan ek verbaas omdat ek leeg is, uitgebloei. Met 'n dik letsel.
Miskien wil ek net een maal my man hoor sĂȘ, dat hy begryp. Dat hy besef waardeur ek gaan en dat hy sal aanhou probeer om my hart terug te wen, al vat dit hoe lank en al kos dit hom watter opoffering ookal.
Ek het eenmaal 'n boek gelees waar die outeur beweer nie almal wat selfmoord pleeg gaan hel toe nie. Sommige se saak met die Here is reggestel voor hulle gaan. Die wereld met sy wreedheid, onregverdigheid en boosheid is vir sulkes net te veel. Soms kom ek tot stilstand en kyk om my heen. Ek sien 'n wereld oorheers deur die bose en ek huil vir wat vir my kind voorle en dalk nog vir my en my man ook. En ek wonder of ek sal kan wag tot die Here besluit dit was genoeg.
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment