As mens jou geloof verloor

Hebreers 11:1 Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Dis fantasties. Want dan, per definisie, is ek my geloof kwyt. Hoop. Ja daai vier letter woordtjie wat my al soveel keer teleurgesteld gelaat het. Ek het seker hoop en geloof verloor. Hoe hoop mens vir iets wat jy nie meer sal herken as dit gebeur nie? Hoe is mens seker van iets waarop jy nie kan hoop nie?

Eintlik is dit nie 'n geloofsaak of 'n hoop-issue nie, dis 'n tyd vraag. Hoe lank nog? In my werk as 'n projek nie gaan lewer wat verwag word nie, word dit gestop. As mens deur jou lys van eksperimente is en die produk voldoen nie aan die vereistes nie - koop jy dit nie weer nie. Hoe dan gemaak in hierdie lewe? Hoe lank is die proses van verandering, verbetering, vergifnis en verdraagsaamheid voor dat 'n mens mag se: "Dit is nou genoeg"? Hoe kan 'n liefdevolle God verwag dat een mens so bitter seer moet aanhou kry as gevolg van 'n ander se onwilligheid on die realiteit van die saak te sien? Mooi woorde, lee beloftes en al die frustrasie wat saam met kom, dit gaan alles ook net so ver.

Ek wil nie meer hoor, hoop en glo alles gaan verander nie. ek wil he dit moet verander. Ek wil he dit moet ophou. ek wil vir 'n verandering sien dit verander. En nie net die oppervlakkige dingetjies nie.

Ek is vandag so gatvol ek kan skree.

En o ja, the moral of the storie....leer jou les die eerste keer. Die lewe is nie 'n dekselse kleedrepitisie nie.

0 comments: