Lewe ek nog?

Ek het Commitment Issues...ja, daar is dit nou uit. Ten minse weet ek dis een van my probleme. Maar hoe anders gemaak? Na meer as 'n dekade van my alie af probeer om iets te maak werk stap mens mos nie net blindelings in 'n ding in nie. Wat help ondervinding wat deur pyn en leiding opgedoen is as jy dit nie gaan gebruik nie? Ek het myself belowe (en regtig gehoop) dat as ek weer in 'n verhouding is dit anders sal wees. Ek is beslis anders. Ek het myself regtig in de laaste paar jare gevind en eerlik om te besef dis 2 jaar sedert my laast post...wow....maar ek het goeie vordering gemaak. Hel, ek was tot vir 0.00003sec in die eweigheid van veraltyd actually gelukkig. Ek klou aan daardie vlietende oomblik vir lewe en dood party dae. Want die lewe gebeur en buiten die eks alkoholis het ek nog 'n paar ander wat ek nie so maklik kan skei nie. Een daarvan my pa - maar dis regtig 'n storie vir 'n ander dag en die ander een my baas wat quite frankly seker die pot aan die kook hou so ek is nie altyd so gewillig om die hand te byt wat my voer nie. Maar dit vat nogal 'n hele paar "How important isit?-s" en "Breathe-s" per dag. En dit is uitputtend.

Maar die hoof Knersis is my verhouding. My vriend is wonderlik. Hy werk hard daaraan om aandag te gee aan my gevoelens. Hy het sy eie kruiwaentjie vol strooi om saam te sloeg so ek probeer om nie te veeleisend te wees nie. Maar dit gese - daar bly so 'n lee ou gat in my wat net nie wil vol nie. Elke keer as ek dink ek beweeg emosioneel nader aan hom, se hy iets soos hoe baie hy sy vryheid geniet en onmiddelik spiraal ek terug in my ou manier van dink....mmmm waar pas ek in die prentjie in?

Ek wil net belangrik wees vir iemand. Enige iemand op die stadium. Ek wil iemand he wat uit sy pad gaan vir my, net soms. Miskien is die oplossing dat ek minder uit my pad gaan. Dan sal ek dalk nie so te na gekom voel wanneer ek dit nie terug kry nie. Miskien is die antwoord wel dat die antwoord bietjie meer gereeld NEE moet wees.

Ek het geen begeerte aan 'n Joneses lewe met 'n huis, 'n kar en 'n boom en 3 hieper goed opgevoede orrelpyp kindertjies en 'n gemoedelike man aan wie ek baie 'na' is nie. Nee, ek wil net nie alleen eet en elke aand alleen gaan slaap nie. Ek wil he my kind moet inpas in my nuwe verhouding. Want meer as enigiets is ek haar mamma. Ek het harde klippe gekou om haar uit 'n situasie te haal waar ons in vrees en onsekerheid gelewe het en ek sal nooit daarvoor om verskoning vra nie. Dis waarskynlik die enigste regte besluit wat ek in die laaste dekade geneem het. Maar iets omtrent my nuwe verhouding steek my dwars in die krop. Dis 'n daaglikse keuse tussen hom en my kind. Miskien is dit nie Commitment Issues nie maar 'n gesonde begrip vir wanneer iets op 'n dealbreaker afstuur. Ek gaan nooit "nie" 'n ma wees nie. Dis tog nie nuwe nuus nie? Hoe kan ek my toekomstige geluk baseer op 'n plan wat haar nie insluit nie? So nou nog sowat 10 jaar van eintlik alleen wees - om dan wat? ...weg te gaan? Ja oor 10 jaar is sy 18 en dalk bly om van my onslae te wees. Maar ek kan nie saam met iemand wees en terselfdertyd nie saam met iemand wees nie. Ek is 'n package deal. Ek dink dit pas hom goed, want hy hoef tot absoluut niks te commit nie. Hy deal net met die lekker. Want as mens mekaar eventualy gesien kry, probeer jy hard om nie onsmaaklik te wees nie. Maar dan terug in die regte lewe is eknog net so alleen, dra ek nog net so eensaam aan my individuele las.

Miskien is my verwagtinge te hoog, maar selfs emosineel gestremde mensie soos ek moet bieg g'n mens is gemaak vir alleen wees. Ons is veronderstel om saam nie sakke sout te eet. Almal wil by iemand anders huis he. Ek wil behoort. By iemand. Baie graag.

Ek wens die moeilike vra het makliekr antwoorde gehad. Maar dit het nie. En dit gaan nie verander nie. Al wat ek weet is dat ek nie weer my drome gaan uitstel of begrawe vir 'n ander persoon nie. "My life is too important to waste waiting for someone else's decisions, even if it is someone I dearly love".

Ek weet nie. Miskien wil ek al die goed ook net hardop se. Dit help al klaar.

1 comments:

  • Koos | February 23, 2015 at 2:36 AM

    Hello SS

    "Long time".

    Ek probeer dit vir myself so eenvoudig moontlik maak in my lewe.

    My maatstaf in die verhouding met die een waarvoor ek lief is en die res van my lewe wil deel is dit: Indien dit nie meer "lekker" is om saam te wees nie: Wat maak ek daar?

    Die lewe is te kort om energie daaraan te bestee.

    Sterkte met jou uitklaring van antwoorde.

    Dit is 'lekker' om jou weer te lees!

    Beste