Hi Koos
Ek weet nie of jy die gevoel ken nie, maar jy weet daai totale moedloosheid wanneer jy 'n besluit oor iets geneem het en REGTIG seker was oor jou besluit - en dan gebeur iets wat jou laat wonder. Nouja dis nou vandag. Net 48 uur nadat ek en *** besluit het dis gedane sake en ons gaan aan met ons lewens, geen agterdeure, vriende met voordele, maybes of niks nie, kry ek sy sms: "Meisie, ek moet jou sien - die skoenlappers is terug" En hy is hier, in Pretoria (hy bly nie hier nie - het ek dit genoem?) Vir 3 maande!!! Dis nie regverdig nie!
Ek lees tans 'n boek Eat, Pray, Love - deur Elizabeth Gilbert. In die boek verlaat sy haar man en trek kort daarna by 'n jong Adonis in. Haar vriendin se kommentaar is kort en waar: " Girl you are in soooo much trouble". Ek is. Nie dat ek hoegenaamd beplan om iewers heen te trek, te skei of enigiets van die soort nie. Ek weet net. Hierdie spel moeilikheid. Want byna so verslaaf soos ek aan die bottel is so verslaaf is ek aan hierdie seun. En dis wat hy is, krisis man, ek kon sy ma gewees het! Okay seker darem nie sy ma nie, maar beslis sy ouer suster. Maar gee my 'n halwe kans en ek het my verstand by die ruit uit en elke kant nommer wat ek besit in 'n tas met 'n oneway kaartjie Adonis toe. Malligheid!
Okay nou voel ek beter.
Goed dan die ander issue wat ek vandag beleef. 'n Totale woordeloosheid. My man het gisteraand aangebied om vir my doepa te maak vir my verkoue - baie gaaf van hom - met brandewyn in! Gelukkig het hy die resep voor die tyd genoem en ek het besluit om sommer maar net gewone Med Lemon te bestel - virgin. Ek het ook besef dat ek my man nie kan kwalik neem dat hy dink dit is okay om vir my drank aan te bied nie. Ek het dit dan al herhaaldelik, ten spyte van AA aanvaar. Hy moet dink dat dit okay is vir alkoholiste soos ek om nogsteeds soms te drink - ek doen dit dan. So my resolve: Ek sal weer met hom die, hoorie ek is ernstig gesprek moet he. Maar nie nou nie. Nou sal ek moet nugter bly, vir lank genoeg om hom te oortuig. In Dawne se storie agter in die Big Book se sy haar man het nie geglo dat sy nie skelm drink nie (ook nie omgegee nie) en sy het besluit dat hy haar nooit weer sal sien drink nie, self al veroorsaak dit haar dood. Ek het besluit as jy my nie gaan ondersteun nie, gaan jy my motiveer.
Ag my vriend, wat 'n wonderlike pleister is ons briewe aan mekaar nie vir my siel nie. Hier is vir jou nog 'n kruiwa vol van my issues waardeur jy kan pik op jou tyd. Restoreer wat jy kan, gee vir welsyn wat jy wil, maar ten alle tye wees vermaak. Hierdie lewe is 'n sirkus.
Ek is so bitter jammer om te hoor van jou gruwelike dag. Dis so tipies van ons nuttelose bestaan. Genadiglik weet jy dat 'n suksesvolle dag gemeet word aan jou nuterheid, skaamteloosheid en verwyteloosheid. Jy het oorwin op die Geestelike front. Laat die aardse chaos val waar dit wil.
So ek probeer dan weer - opgee sit mos nie in 'n Alkie se broek nie.
Mag jy 'n MERKWAARDIGE dag he.
Sannie
PS Hoop jy het die IT verbouereerdheid oorkom!
Koos het later die aand geantwoord en ek kry 'n effense af vibe. Hoop maar ek is net hiper sensitief. Ek weet nie regtig wat ek sou doen sonder die eposse nie, 'n week raak vreeslik lank tussen meetings. So dankie Koos, dat jy saans na jou besig dag en jou eie stryd, tyd het om uit jou hart te gesels. Jy word waardeer.
Naand Sannie
Ja waarlik 'n bek-vol vandag op jou spyskaart-keuses en besluite. Die wonderlike is dat almal nie onmiddelik geneem hoef te word nie. Ek het ook al ondervind dat baie van die sogenaamde belangrike "issues" eers in die onderste laai gegooi kan word en soms sorteer die dinge sommer self uit - soos riviere wat hul pad na die see self kies - dan kom ons as mens nog en bou damme in 'n poging om die natuur te tem...wat wou, na die eerste groot reen oorstroom die walle en vloede gaan vind plaas en rampe oorval ons.Moeder Aarde sal haar nie laat voorskryf nie deur ons nietige wesentjies nie...sy stuur tsoenami's en Ysland se vulkane so nou en dan net as 'n "simple reminder" wie in "charge" is.
Terug by jou moedeloosheid omtrent besluite. Ek noem hierbo die natuurlike vloei van water. Daar is 'n Japanese liedjie wat se..."Twee sake in die lewe word deur die eeue nooit versteur nie; die natuurlike vloei van water en die liefde wat niemand kan keer nie" Ek dink jou 48 uur gelede besluit moet maar eers so wyle in die onderlaai gaan le. Iemand het eendag teenoor my opgemerk, moenie gelyk ophou drink en rook nie..one thing @ a time...moenie probeer blog, eiers uithaal, of die hen gaan leef of nie as sy nie eiers le nie, voorwaardes aan jou man stel, die perfekte Ma poog te wees, genoeg slaap kry en nog jou werk ook bedags doen...om nie eens van jou aand verpligtinge te praat nie en dan nog wroeg oor Adonis se besoek nie. Laat die volgende dag of twee homself uitsorteer. Die liefde is 'n bliksem om dit "mild" te stel.
Een ding weet ek ook...nes die liewe moeder aarde nie aan haar laat voorskryf nie - so ook nie die liefde nie!!
Aan die mediese front: Verkoue is shit, doepa's soos rooiwyn en brandewyn is goed en word soms met die beste van bedoelings aangebied( of soms dalk met bybedoelings of motiewe - soos ek dink in jou wederhelf se geval) maar glo my vir ons Alkies is Med Lemon die beste...het net teveel kafien in en hou my uit die slaap, waarvoor ek tog so lief is.
Liewe Mens - Laat jou motivering vir "sobriety" ( soveel sagter woord as nugterskap) nooit taan nie, laat die weiering van jou manlief se doepa jou tot nuwe aansporing dien, laat die Big Book lig skyn deur Dawn se verhaal, laat jou blog die verlede se las ligter maak deur skrywes, laat jou meisiekind se ontdekking van die lewe deur haar Ma se oe en liefdesdade, laat die moeg gaan slaap, die vars opstaan en die nuwe dag se hoop alles vir jou nuut word...one day 2 a time!!
Lekker slaap - Koos
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment