Saving Grace

Naand Sannie


Ja lekker dis naweek, daar bly altyd dinge te doen maar dis so asof die pas effe sagter op die lyf en gemoed kan wees. Minder dringendheid.

Jy sê die naweek lê soos berg voor jou en ek glo dat die kuiergas(te) hul deel gaan bydra tot jou frustrasie. Gelukkig weet ek uit jou gesels dat dit nie soos in die verlede gaan wees van..."if I can't beat them..." Daarvoor is jy te vasberade en beslis te slim. Sterkte in al geval.

Dit is vir my jammer dat jou man nog met wyn in die huis inkom en dit so openlik in die yskas sit. So op dag 5 en 6 van jou reis kan ek myself indink watse pyn (soos in wroeging) dit oor jou bring. Ai dit is moedswillig, ek wil amper sê wreed. Die Engelse het 'n woord.."malice"..dit is vol daarvan.

Dankie dat jy so bedagsaam is om ook aan my dag tot dag stryd tyd af te staan. Dis darem nie so erg nie, indien ek soms so effe "jannie-jammergat" oorkom sien my asseblief gou reg...Life is not for amateurs

Dit is tydens sulke tye wat die rond-om-jou-kyk oefening by my moet intree...en vinnig ook. Om my kyk en gou vergelyk wat ek het teenoor die ander mense op die planeet. So 'n opnametjie bring my gou gou weer tot die besef hoeveel daar voor dankbaar te wees is. Elke dag elke keer.

Ek sien uit na Maandag se meeting en die stap 5 wat bespreek gaan word. Altyd iets nuuts...To God, ourselves and another human being. Tall order.

O ja, ek is lekker voorbarig - dis mos my beurt om the leer en luister. Ek sien uit.

Mooi aand en onthou..."You have changed"

Koos

PS 1- Druk jou Meisiekind styf vas tot Maandag.

PS 2 - Die Serenity Prayer is 'n handige "tool" oor so naweek, het my al vele kere gered. Just in case!!

0 comments: