Wanner is dit okay om te skei?

Hier kom dit nou. Die vraag wat my LETTERLIK vir maande al pla. Ek het al soveel redes gehoor hoekom mense skei, van baaaaaie goeies tot opreg belaglik. Party mense skei bloot omdat hulle fundamentele persoonlikheids verskille gehad het - wat dit ookal mag beteken, ander het ek gehoor omdat hulle bloot so besig was dat hulle by mekaar verby geleef en vreemdelinge geword het. Ander het te veel op die kinders gefokus, party was ontrou, ander aflinklik van een of ander substans, sommige is fisiek of emosioneel mishandel. Ander was ryk en ongelukkig, maar gelukkig genoeg dat hul eggenoot in 'n vrats ongeluk dood is voor dit nodig was om te skei. Dieselfde persoon het verklaar dat God ons liewer het as sy wette en dat ons mense se geluk vir hom meer beteken as die huweliks verbond of Sy wette.

Tog, kan ek nie help om te voel daar moet nog iets wees wat ek kan doen nie. Ek het al soveel maniere probeer, raad gevolg, gebid, gese ek is jammer (en dit bedoel), verander, terug verander, gehelp, ondersteun, tough love toegepas, vergewe, ek meen, ek pretty much challenge enigiemand om vir my tese - Jy het het nog nie DIT probeer nie. As ek nie het nie, dankie - ek sal ook in daardie opsie my alles sit. Maar vanwaar ek staan het ek alles probeer.

Ek is regtig nie kwaad nie. Ek is nie hartseer of teleurgesteld nie. Ek is eintlik iets veel erger as dit. Apaties. Die enigste gevoel wat my deesdae oorweldig is 'n ongelooflike gevoel dat Jesus in my teleur gestel is oor ek dit nie kon maak werk nie. En ek wat moedeloos en kwaad voel oor ek so hard probeer het, maar meeste van die dinge is uit my hande. Dis nie goed wat ek kan verander nie. Dis nie goed waarvan ek enigiemand (minste van almal my man) kan oortuig nie.

Miskien het ek verkeerd verstaan? Ek het nadat ek my man in Aug 2008 verneuk het (ja vir meeste is dit ou nuus), het ek my verbond hernu. Ek het belowe dat ek sal streef om die vrou waarvan Spreuke 31 praat, vir hom te wees. Ek het my lewe vir die Here gegee en ek het leer bid en dien soos nog nooit te vore. Lees
Spreuke 31 vers 10: 31 hieronder.


'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk.
Sy is soos die handelskepe, sy bring die kos van ver af in.
Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; ook haar slavinne kry hulle deel.
Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.
Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.
Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.
Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.
Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.
Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.
Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.
Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:
“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”
Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

Nou kyk, perfek is ek nie, beslis nie. Het ook nog nooit regtig voorgegee ek is nie. Die Bybel beskryf baie mooi hoe 'n goeie vrou moet wees - maar kan iemand vir my se waar dit die reels vir mans neerle?

Matteus 19 vers 3-12 oor die huwelik:

Daar was Fariseërs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: “Mag 'n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?”
Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?
Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’
Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”
Hulle vra Hom toe: “Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou 'n skeibrief gee, hy van haar kan skei?”
Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie.
Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk.”
Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.”
Maar Hy sê vir hulle: “Wat julle nou sê, is nie vir almal moontlik nie, net vir dié aan wie dit gegee is.
Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. “Wie dit kan doen, laat hy dit doen.”

Maar wat van vrouens? En met die volgende vers se totale oordeel hoe skei mens en behou jou geloofsekerheid deur dit alles?

Maleagi 2:16

Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.


Dit klink vir my pretty straightforward? Nou wat is die alternatief? Apatie? Vir ewig? Tot die dood ons skei?
That can be arranged. Jesus het immers die moordenaar op die kruis langs hom vergewe en die hemel as prys gegee. So what's the lesser sin?

Wat ek regtig wil weet, is hoe doen mense dit? Hoe actually DOEN jy dit. Hoe breek jy die nuus? Hoe verduidelik jy dit aan jou kinders? Hoe oorkom jy die absolute gevoel dat jy gefaal het met dalk die belangrikste verhouding wat jy sal he naas jou verhouding met God? Wat mis ek?

0 comments: