Counting Blessings

Ek het gisternag een standaard horrific droom gehad. Ek wonder hoekom dit altyd gebeur wanneer ek goed opgestress en gewoonlik nugter is. Dink dis waar wat Koos altyd se, die Here herinner jou tot in jou slaap jy moenie drink nie. Ek kan nie regtig die droom hier oorvertel nie, maar dit het al die elemente van 'n gruwel (vir my gehad): vuil nat matte, stinkende publieke toilette, oorhupse dronk mans, donker water, vlieg, mislike vroumense wat brandewyn drink en 'n oordosis verkeerde besluite. Dis die ding van my gruwel drome, dit voel altyd of ek bewustelik deur 'n glas venster vanuit 'n klankdigte vertrek sien hoe ek aanjaag en skree vir myself, maar geen beheer het nie. Dis soos om 'n slasher fliek te kyk waarin jy die hoofrol speel.

Genoeg oor die simpel droom, wat my vandag die meeste gepla het was hoe ek gevoel het toe ek opgestaan het. Ek was gevul met 'n intense verlange, leegdheid en hartseer. Dit was die eerste keer in weke dat ek actually iets gevoel het en ek was so oorweldig dat ek in trane uitgebars het. Dit lyk nogal looney as mens jou oe oopmaak en dan net onbedaarlik begin huil.

Elk geval, ek tel dit vandag as een van my seeninge. Dit was weird en disturbing, onstellend, maar 'n teken van lewe. So dis goed.

Hier waar ek nou sit het ek baie om voor dankbaar te wees. Die reen wat saggies buite neerval, donderweer, my hoenders wat rondskarrel vir 'n droe kolletjie, die haas wat op die chicken feeder skuil, die lawwe kokketiel wat juis 'n plekkie soek om nat te reen, die reuk van katjiepiering, jasmyn, laventel en salie rondom my waar ek voor die oop venster sit en tik. Ek het 'n dak oor my kop, my dogtertjie le met pienk wange uitgespeel en rus in die sitkamer. My getroue hondtjie Softy wat by my voete skuil. My maag is vol, en soos ek se, my hart werk nog.

Ek gaan nou vir my soet tee maak en by die vester uit staar en deponeer in my eie emosionele bankrekening. Partykeer moet mens net 'n tree terug staan en dankbaar wees die storm is vandag buite.

0 comments: