Die lewe is nie 'n bazaar nie

Vanoggend vind ek myself weer daar. Op my kniee in die kombuis voor my Skepper. Verward, radeloos en moedeloos. Hartseer en skaam. Hoe kan hierdie lewe sin maak as dit so gekompliseerd is en so bitter min sin maak?

Ek dink deesdae baie aan 'n sin wat ek onlangs gehoor het: "Fear the unlived life". En ek moet besin, want is dit nie ultimately wat ek die meeste vrees nie? Is die oorsprong van my paniek en angs nie juis dit nie - dat ek tog eendag geseend genoeg sal wees om wel die stoep met die man van my drome te deel, en dan net begrafnis fotos in my album sal he? Dat die herinneringe vol verwyt en bitterheid sal wees van 'n lewe geleef van stuggle tot struggle, met een oor begin na die ander? En ek kan nie help om te wonder of dit dan nie tog sin maak om alleen op die stoep te sit, met rustigheid, vrede en vervulling in jou hart. Liefde van 'n ander persoon kan tog nie so belangrik wees nie?

Tog is dit juis warna ons almal streef, to live, to be loved and maybe to love in return. Ons is tog so aanmekaar gesit dat ons ander mense nodig het. Self al veroorsaak hul teenwoordigheid net chaos. Maar wat maak my dan anders? Is ek nie tog net ook een van daardie mense uit 'n ander se perspektief nie? Ek is ook tog niks anders as 'n onperfekte mens nie. Hoe kan mens dan so in jou eie ellende begin vaskyk dat jy 'n ander s'n gering ag. Was ek regtig 'n goeie vrou? Was al die dinge wat ek gedoen het en gevoel het 'n bewys van my liefde is, regtig wat my man nodig gehad het? Miskien sou meer begrip vir sy siekte (wat ek tog ook het) 'n verskil gemaak het. Miskien sou meer geduld, meer liefde en 'n wavrag vergifnis nie ding gedoen het.
Ek weet nie. Miskien more honesty, less justification?

Wat ek weet is dat ek my beste gedoen het. As dit geweeg en te lig gevind is - ek's jammer. Ek het vrede met myself oor die verlede. Vir my is dit nou 'n goeie verwysing oor hoe dinge NIE gedoen met word nie. 'n Naaslaan gids vir wat werk en wat werk nie. Ek weet dat ek 'n groot besluit moet neem en in limbo hang. Vrees oorheers my elke gedagte. Bly ek in my huwelik loop ek die kans om die verlede te herleef OF loop ek die kans om dalk verras te word en gelukkig te wees. Verlaat ek my huwelik, is ek dalk misrabelik of werklik vry. Beide opsies bied 'n kans om my lewe te kan leef, albei met ewe veel vreesaanjaende newe effekte en risikos. So wat kies mens?

Ek kan kies om aan te hou om my eie hartseer te vertroetel en meer vir my man te veroorsaak. Of ek kan hierdie saak vir die Here gee, my kop oplig en glo, soos ek nog nooit geglo het nie. God kan, ek nie. Miskien is 'n clean slate tog moontlik.

Die lewe is nie 'n bazaar nie. Dis nie vol onbeperkte geleenthede, kanse en vreugde nie. Dis meer ernstig, het meer struktuur en is nie altyd so besig nie. Geld kan nie alles in die lewe koop nie. Ek weet vandag min dinge, maar ek weet wat ek het om voor dankbaar te wees. En ek kies om te lewe. Ek wil dit elke dag kies teryl ek my seeninge tel. Ek wil 'n ander se lewe aanraak en soos hulle se, charity begins at home.

Ek het om my fokus te verskyf 'n lysie gemaak van dinge wat ek graag wil doen voor ek doodgaan. Ek noem 'n paar:
1. Ek wil bridge swing en bungee jump
2. Ek wil gaan Zorb (weird, maar jy rol in 'n helse plastiek bal by 'n bult af, apparently huge!)
3. Ek wil die Eiffel toring sien
4. Ek wil die Sisteen Chapel besoek
5. Ek wil Auswitz in Duitsland besoek
6. Ek wil op 'n road trip Malawi toe gaan
7. Ek wil my kind se drome sien waar word
8. Ek wil 'n selfportret skilder
9. Ek wil die museum van Frida Kahlo besoek
10. Ek wil 'n storieboek vir kinders skryf
11. Ek wil 'n resepteboek skryf vir besige mammas
12. Ek wil met 'n trein Kaap toe ry
13. Ek wil met die kabelkarretjie tot op tafelberg ry (ja ek weet daar is 'n gaping in my opvoeding)
14. Ek wil 'n leeuwelpie vashou
15. Ek wil die Vic falls besoek
16. Ek wil een keer my hare blond maak (apparently they have more fun)
17. Ek wil leer houtwerk doen
18. Ek wil 'n Meesters graad voltooi
19. Ek wil leer skuba
20. Ek wil leer onvoorwaardelik lief he.

Miskien is die lewe nie 'n bazar nie. maar soos my skoonma altyd gese het - you are the creator of your own destiny. Vandag is die eerste dag van die res van my lewe. Miskien moet ek net ophou om dit so ernstig op te neem, en actually begin lewe. So watch this space - the sky is the limit.

0 comments: