Gaan aan wal

Ek sal vandag baie hard probeer om nie so mislik te klink soos ek voel nie.

Ek was gisteraand weer by 'n meeting (wat 'n blessing). Die persoon wat gedeel het se storie was aangrypend. Maar dit was nie soseer wat hy gese het nie, maar eerder iemand anders, wat my aan die dink gehad het. Die man het vertel dat om AA toe te kom is soos om uit 'n storm te kom. En skielik dobber jou boodtjie in die stil kalm rustige water. En dis heerlik. Meeste van ons le dan agteroor en geniet dit om in die sonskyn van ons nuwe vrede te bak. Maar dis nie waar dit stop nie en baie van ons besef dit nie. Om 'n nugter lewe te lei is 'n reis, een of ander tyd moet jy voet aan wal sit en jou lewe lei. Jy moet die steps doen - work the program.

Ek is al sedert 2008 in en uit AA. Dan is ek nugter, dan is ek half nugter, dan gee ek moed op, verdwyn kom terug en probeer weer. Ek is mal oor die stilte in daardie veilige hawe. Ek begeer 'n lewe dobberend in rus en vrede. Maar tog, bly ek op die water en die gevaar daarvan is dat die strome my dikwels weer terug die oseaan insleep terwyl ek le en dut. Die gevolg is dat ek telkens weer wakker skrik in die hartjie van die storm. Dan is dit weer roei en spaander om by die volgend hawe te kom.

Dis uitputtend. My lewe het 'n selfinflicted marteling geword. Dit is tyd dat ek werklik die dinge wat my op die boodtjie hou identifiseer en van ontslae raak. Eerstens glo ek my huwelik met 'n alkolis help glad nie. tans drink niemand nie, maar die onrus het my beet. Nie omdat ek soseer bang is datmy man weer sal drink nie, maar dat ek bang is ek sal weer drink en hy sal my nie keer nie. En ek sal nie omgee nie. Hoe los ek dit op? Hardloop ek weg en sny my af van alles wat remotely soos die verlede lyk.? Sal nie nie werk nie. Die Groot boek se tog dt ons nie die deur op die verlede sal wil toemaak nie. Ek moet daaruit leer. Ek begin verstaan hoekom ek so hard teenoor my man is en so sukkel om te werk aan ons verhouding. Solank ek dobber in die hawe, is dit te maklik om weer die oopsee in te vaar. Ek moet vasmeer en voet aan wal sit. Geen ander mens op hierdie planeet kan my vorseer of help nie. Dis niemand anders se skuld dat ek 'n swak alkie is nie.

Ek het besluit om Woensdae se step meeting te begin bywoon. Dis tyd om voet aan wal te sit, die gemufde bagasie op die skuit te los en vorentoe te gaan, one step at a time.

0 comments: