'n Mens sou dink na jare se teleurstellings en vals hoop dat wanneer die dag aanbreek wat alles tot 'n punt kom, die hoof emosie verligting sou wees. Dit is nie. My hart is so seer ek kan skaars asemhaal. My oe brand soos kole vuur vanmore en ek lyk soos 'n slagoffer van huismoles soos ek getjank het. My diafragma is in hel soos ek geruk en snik het. Hartseer is nie 'n emosie nie, dis regtig 'n fisiese pyn. Ek voel of ek op die randtjie van major cardiac arrest staan.
Wanneer gaan dit verby wees? Hierdie diep telerustelling wat my so lamgele het? Hoe staan mens op en vertrou die wereld weer met jou siel? Waar ek vandag staan met my rug teen die muur en my arms in die lug kan ek nie sien dat die son weer sal skyn nie. Hoe kan alkohol mens se lewe so verwoes? Hoe kan dit so 'n houvas op jou lewe kry dat jy alles en almal wat saak maak sal vertrap vir 'n high? Ek was so seker dinge is beter, soooo deksels seker. En nou staan ek met lee hande en 'n pap gedrukte hart en wonder hoekom. Hoekom ek? Hoekom nou? Hoekom weer?
Ek is so dankbaar vir Alanon vandag. Dat ek geleer het ek kan bid: "Here, genoeg." Dat ek geleer het dis nie my skuld nie. Dat ek weet dat ek my man vir God kan gee. Dat ek myself vir God kan gee. Dat ek my kind, vir God kan gee. Dat ten spyte van hoe dit voel ek die regte ding doen: "The kindest thing you can do is to be unkind." Ek is so dankbaar dat ek vandag nugter is. Dat die chaos verby is en dat ek nie meer onaanvaarbare gedrag hoef te aanvaar nie.
Ek het gekies om te lewe, niemand het gese dit gaan maklik wees nie, en eerlikwaar, as ek een groooot hartseer (van verbygaande aard) moet verduur om 'n einde te maak aan 'n dekade lange konstante hartseer, huil ek my vandag met blydskap pap.
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
Koos | May 12, 2011 at 7:15 AM
Niks wat die moeite werd is, is maklik nie...