Op jou eie kan jy jouself nie ken
2010-04-28 07:46
Druk artikel e-pos artikel
In die populêre raadgeebedryf word ontdekking van ’n mens se “ware self” gereeld voorgehou as ’n lewensnoodsaaklikheid:
Gaan ’n bietjie weg; klim uit jou boks; kry ’n bietjie afstand, is die soort raad wat gegee word.
Wat my laat dink aan wat die 12-jarige Hans-Thomas in Jostein Gaarder se The Solitaire Mystery te sê gehad het – na aanleiding van sy ma wat weggegaan het om haarself te gaan vind én nooit weer teruggekeer het nie!:
“My advice to all those who are going to find themselves is: stay exactly where you are. Otherwise you are in great danger of losing yourself for ever.”
Die Romeinse keiser en filosoof Markus Aurelius Antonius (121 n.C.-179 n.C.) had ook so geglo. In sy Meditasies skryf hy mense soek na hulself “by rusoorde op die platteland, by die kus of in die berge...”
En voeg dan by: “Dit is tog alte onsinnig omdat jy net wanneer jy wil toevlug in jouself kan neem...”
“Almal wil ’n huisie by die see hê” (à la Koos Kombuis) blyk dus onnodig te wees.
Hoe dit ook al sy, ’n ontdekking van die ware self veronderstel jy wil selfkennis bekom om die egte mens aan jouself en aan ander voor te hou.
So gesien is selfkennis ’n kuur vir identiteitsverwarring en die weg na ’n deugdelike lewe wat getuig van egtheid.
Om sonder skyn en sonder selfbedrog te leef.
Die ontdekking van so ’n “ware self” lyk aantreklik. Daar is egter ook ander sienings.
Met ’n beeld uit die Griekse mitologie word die moderne mens beskryf as ’n soort van Proteus; die seegod wat sy vorm voortdurend kon verander – van ’n wildevark, na ’n leeu, ’n draak, ’n vuur, ’n vloed. Tot ’n enkele vorm wou hy homself nie verbind nie en jy kon hom nooit vang en vaspen in ’n bepaalde gestalte nie.
Waarmee gesê word: Vele selwe is in die self gesluit. Watter een is dit dán wat geken kan word en sonder skyn en selfbedrog aan jouself en ander voorgehou kan word as die “ware self”?
So gesien is die mens polifonies – baie gestaltes met “stemme” wat gelyktydig meespreek en wat jou daagliks versplinter in uiteenlopende take, rolle, maskerades en personas.
En tog vermoed jy, hoop jy, alles word weer saamgevoeg tot ’n klein harmonie – “iets” waarvan jy kan sê: Ja, dít is tog ék – deurlopend so van die wieg tot die graf.
Juis omdat mense ondanks die “meerstemmigheid” dié soort vaste identiteit kan en wil beleef, glo die Franse skrywer André Gide dat die verbete soektog na die ware self wesenlik ’n nuttelose projek is wat jou ontwikkeling as mens strem.
Daarom sê hy ’n ruspe wat homself wil leer ken, kan nooit ’n skoenlapper word nie.
Navorsing bevestig selfkennis is uiters beperk en misleidend wanneer selfontdekking plaasvind in die isolasie van die afgesonderde “ek” wat eindeloos tob, vrae vra en self die antwoorde probeer vind.
Wat nodig is vir lewensvormende selfkennis is gesprek met aanvaardende ander mense wat waarlik omgee en luister én, wanneer nodig, ’n spieël aan jou voorhou waarin jy iets van die raaisel wat jy is kan sien.
Soos Willliam Shakespeare dit lank gelede aangeteken het in sy Julius Caesar; waar Cassius aan Brutus sê:
“And since you know you cannot see yourself
“So well as by reflection, I, your glass,
“Will modestly discover to yourself
“That of yourself which you yet know not of...”
Daaruit kom die self se verbysterende magie – altyd vloeibaar en beurtelings vry, bedreigd, broos, kragtig, verward, dubbelhartig, gerusstellend onveranderlik, onthutsend bekend én verruklik anders en nuut.
– Oorspronklik verskyn in Beeld
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
HappY | May 11, 2010 at 12:29 PM
Anonymous | February 22, 2011 at 3:29 PM
hi, new to the site, thanks.