Vandag voel ek sommer af. Ek is nie seker of dit die looming verkoue of die simpel weer is nie. Ek slaap verskriklik sleg en kry die goorste herhalend nagmerrie dat ek my beursie bly verloor. Baie weird, maar daai skok om te ontdek dat ek my beursie misplaas het oor en oor vir 7 ure put my summier uit.
Dit gaan tans nie noodwendig sleg met my nie, maar dit voel asof my lewe op ys gesit is en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie. Nugter bly is een ding as dit smooth sailing is, maar nugter bly as jy die frustrasie in jou voel ophoop en jy na enigiets sal gryp om net die drukking te verlig - wel, dis 'n ander ding.
Diep in my wese is al my groot besluite geneem en resolves ge-resolve en daar is werklik vrede in my hart, maar die stuikelblokke in my pad teer op my geduld. Ek raak moedeloos wanneer ek voel ek het myself byna mentally geknak om myself akademies te verbeter en gepaardgaande ook my salarisskaal, maar tog raak niks beter nie. Want my lot is gekoppel aan iemand anders s'n. So, onwillekeurig, maak dit nie saak hoe hard ek werk of hoe goed ek vorder nie, as my lot-genoot boedel oorgee eet ek ook pap (niks teen pap nie). En dit laat my skuldig en selfsugtig voel om daaroor te kla - nie te praat van ondankbaar, want dit sou tog nie oorleef baar gewees het was dit nie vir my inkomste nie, maar steeds. Ek het uitgesien na finansieel asemhaal. En nou is die strop weer styf.
Ek weet dit sal weer beter gaan. Daar sal 'n nuwe werk wees en hopelik 'n beter inkomste. Vorentoe. Dis weer een van daai aanvaar wat jy nie kan verander nie situasies. Die probleem is, die werkloosheid kan ek aanvaar - die redes daarvoor wat soms so duister is, wel, daaraan sluk ek nog soms swaar. My lot-genoot se werkrekord is ook soos 'n recurring nightmare en ek kan net nie wakker word nie.
Partydae is ek kwaad vir die sameleweing wat ons geleer het 'n huis, 'n kar en 'n boom is wat jy moet he. Ouers wat jou laat glo het 'n 8 tot 5 werk, pensioen en 'n eggenoot is sukses. Al daai steriotipiese nonsense. Dit werk meestal nie meer nie. Vandag is daar nie plek vir bang wees nie. Jy moet kan woeker, vir jouself dink, fokus, bloedsweet en survive. En deur dit alles moet jy glo, nugter bly en dankbaar wees. Vroumense doen mans werk en visa versa en niks is maklik nie. Dis die lot.
In dit alles vind jy uiteindelik nie jou geluk in enige van die mensegemaakte oorleweings nonsense nie - al daai dinge, maak slaap net bietjie makliker in die nag en etenstyd 'n bietjie meer convenient. Die deel is die nagmerrie. Die lewe self.
Die droom is die skatte in die hemel. Mag ek maar vanaand my beursie daar verloor.
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment