Kort voor my 30ste verjaardag het een van my kollegas vir my gese: "Al jou probleme is verby as jy 30 word". Ek het natuurlik gedink hy is effens gek en dat dit regtig nie so maklik kan wees nie, maar ek was verkeerd. Miskien het dit te doen gehad daarmee dat ek kort na my 30ste ophou drink het, maar ek glo dit het baie te doen met die besef dat tyd vlieg. Jy word een oggend wakker, halfpad na jou aftrede toe en jy wonder of jou lewe regtig vol is. En as dit vol is - waarvan? Ek het besluit om te begin lewe. Die dramas het nie opghou nie en die probleme is nie regtig minder of kleiner nie, maar my perspektief het so ongelooflik verander, dis soms oorweldigend.
My reaksie op dinge het verander. Soms is dit uitputtend, want mens moet tog (vind ek) 'n keuse maak om nie meer te oorreageer of snags rond te dwaal en gool oor jou probleme nie. Post 30 glo ek ek het beter oplossings. Die ergste vrees om die oplossings toe te pas is ook nie meer daar nie, of van korte duur.
Ek het regtig myself weer leer ken. Waarvan ek hou. Selfs dinge ontdek wat ek nooit gedink het ek kan doen of waarvan ek gedink het ek sal hou nie. En dis lekker. My lewe voel vol.
En toe kom Softi. Die arme sad Corgi vir wie niemand meer wil he nie. Ek het nie gdink ek hou van honde nie, maar Softi is meer as 'n toreteldier. Softi het my weer die ko-ordinate van my hart gegee.
Dinge maak regtig sin aan die ander kant van 30 en duskant dronkenskap. En dis lekker, een dag op 'n slag.
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment