Genoeg

Hoe om te verduidelik presies hoe voel genoeg
Is tans my groot dilemma, dit waaroor ek swoeg
My hart 'n eensaam kamer, gevul met net mooi niks
'n leegheid sonder einde, weergalmend, die niks

Daar was 'n tyd toe weer probeer se moontliheid kon paai
sou ek tog net die laaste keer die uitslag reg kon raai
Maar geen sekerheid toelaatbaar binne-in genoeg
Net raaisels en herinnering, die hartseer maak my moeg

Die ratte van my uithou het weerloos net gaan staan
Die dryf in my het futloos, midweg, getaan
Miskien het ek misluk, dalk die oorlog verloor
Dalk le daar iewers vorentoe vreugde voor?

Aan genoeg is daar geen grense of perke toe te skryf
Dit is alles, verteer alles, word jou siel se verblyf
Verstaan as jy dit goedvind, om te verduidelik is mis
Genoeg word, wat genoeg was, soos genoeg is.

0 comments: