Regroup

Ek weet wat my onderkry. Dis woede. Ou woede, huidige woede, nuwe woede. Woede oor daar dinge is wat ek nie kan verander nie. Woede oor die dinge wat verander het, wat dalk onveranderd moes bly, en woede net oor dinge soms moet verander.

Ek is nie kwaad nie, nie omgekrap nie, nee ek is doodgewonde plein afrikaans die donner in! Vir myself, my man, somtyds self die liewe Vader en die mensdom. Ek is kwaad oor my pa gedrink het en vir my 'n verwronge voorbeeld gestel het. Ek is kwaad oor my ma dit toegelaat het. Ek is kwaad vir myseld oor ek onbewustelik 'n "normale" drinkende mand gekies het (en hom boonop bitterlik lief het). Ek is vies oor ek self in my pa verander het en my man slaafs nagevolg het na die bodem van die bottel toe. Ek is kwaad omdat dit my 'n slegte ma maa, oor ek depressie oor my lewe laat heers en oor ek moed opgee. Ek is kwaad oor ek nie gehoor word nie, omdat ek toegelaat het dat my verhouding my deursigtig gemaak het. Ek is kwaad oor ek myself (van wie ek nogal hou) iewers langs die pad gestrand gelaat het. Ek is kwaad oor my werk soms vir my te veel raak, die geld te min en die rekeninge vermeenigvuldig. Ek is kwaad oor ek nie altyd kan uitdruk hoe ek voel nie en dikwels net niks voel nie.

Meer as alles is ek kwaad oor die tyd wat ek gemors het. Ek mis dit om gelukkig te wees, en ja, ek was tog op 'n tyd gelukkig. Ek mis dit om vry te voel, kreatief te wees en uit my maag te lag. Ek is so moeg daarvoor om inmekaar gekrimp en verbouereerd te voel in my eie huis. Ek is moeg om my lewe om te sit en wag vir 'n ander mens se volgende skuif - goed of sleg. Ek is moeg daarvoor om uitgelewer te voel. Ja dit is dit: ek voel uitgelewer aand die genade van ander mense. My tassie is oorvol en hy sleep swaar aan die trane van gister wat nie gehuil is nie. Aan die kwadegevoelens wat nie vergewe is nie. My ruggie is krom gebuk onder skuldgevoelens oor wat ek gedoen en nie gedoen het nie.

Ek begeer vrede. Dis al. Die vermoe om my koppie op te lig en aan te gaan met die wete dat ek dit werd is. Dat ek genoeg doen en aangenaam is. Dat iemand iewers my lief en nodig het en dat ek okay is.

Die naweek het 'n vriendin fotos van ons geneem. Sy wou he ons moet onsself sien soos sy ons sien. Ek het vreemd gelyk vir myself. Bly gelyk. Vurig en lewenslustig. Ek het dit alles gelyk maar nie gevoel nie. Tog was dit daar so duidelik soos daglig vir enigiemand om te sien. En dit het my gevul met verlange.

Ten spyte van my gebroke hart, lee siel en moë oë, vind ek tog dat ek nie ophou vasklou het aan die wete dat daar 'n beter lewe is nie. Dat daar tog 'n lewe sonder alkohol, 'n lewe sonder angs, verwyt vrees en gebottelde woede is. Ek glo met alles in my en hoop met nog meer dat daardie lewe vir my ook beskore is. Dat ek sal ophou red, troos en verduidelik terwille van mense wat nie verstaan nie. Dat ek sal leer om te lewe. Fear the unlived life.

So vandag gaan ek my bes probeer om net vir vandag iets vir ieamnd te beteken. Net vandag gaan ek hou by my 2 belangrikste besluite. net vandag gaan ek vir myslef lief wees, saam met Koos tee drink en 'n taak voltooi. Ek gaan lag, ontbyt eet en asemhaal. Wie weet, die vuur van woed laat dalk net 'n vonkie op my ashopie van die lewe land wat dit weer laat opvlam.

Ten slotte. die woorde van een van my gusteling kelly Clarkson liedjies:

Seems like just yesterday

You were a part of me
I used to stand so tall
I used to be so strong
Your arms around me tight
Everything, it felt so right
Unbreakable, like nothin' could go wrong
Now I can't breathe
No, I can't sleep
I'm barely hanging on

Here I am, once again
I'm torn into pieces
Can't deny it, can't pretend
Just thought you were the one
Broken up, deep inside
But you won't get to see the tears I cry
Behind these hazel eyes

I told you everything
Opened up and let you in
You made me feel alright
For once in my life
Now all that's left of me
Is what I pretend to be
So together, but so broken up inside
'Cause I can't breathe
No, I can't sleep
I'm barely hangin' on

Here I am, once again
I'm torn into pieces
Can't deny it, can't pretend
Just thought you were the one
Broken up, deep inside
But you won't get to see the tears I cry
Behind these hazel eyes

Swallow me then spit me out
For hating you, I blame myself
Seeing you it kills me now
No, I don't cry on the outside
Anymore...

Here I am, once again
I'm torn into pieces
Can't deny it, can't pretend
Just thought you were the one
Broken up, deep inside
But you won't get to see the tears I cry
Behind these hazel eyes

Here I am, once again
I'm torn into pieces
Can't deny it, can't pretend
Just thought you were the one
Broken up, deep inside
But you won't get to see the tears I cry
Behind these hazel eyes

Happy days!

0 comments: