Die waarde van 'n gesin
Hoe ervaar jy dit om deel van ‘n gesin te wees? Ek sien in my geestesoog ‘n klompie mense rondom die groot tafel in ‘n plaaskombuis. Ek voel die warmte van die houtstoof op ‘n koue wintersaand. Ek ruik nog die reuk van vars koffie, mielie-pap, boontjiesop….. Ek herinner nog die stemming van die kerslig in die middel van die tafel. Maar ek onthou veral die mense rondom die tafel. Hulle gesels oor alles en nog wat. Die verslag oor die dag se doen en late. Evaluering. Gedagtes ruil. Meningsverskille. Argumente. Saam-lag. Verbondenheid.
Gesinswees is om deel van ‘n span te wees. Omsaam met die span te stoei én te groei. Dis om deel te hê aan ‘n rykdom van gemeenskap met mekaar.
Om deel van ‘n gesin te wees – dit is een van die voorregte waaroor ons sekerlik nie genoeg besin nie. Ons geniet dit nie bewustelik genoeg nie. Dis byna soos met jou gesondheid: Eers wanneer jy iets daarvan verloor, ontdek jy die waarde daarvan. Met gesinswees gaan dit meestal so. Daar moet eers ‘n sterfgeval wees, of ‘n ernstige verhoudingsbreuk, of die een of ander krisis. Dan begin jy in jou gedagtes teruggryp na dit wat jy gehad het en nou so vreeslik baie mis …..
Ons moet ons daarop instem om God se genade in die verskeidenheid van Sy openbaringe meer bewustelik te geniet en te waardeer. Veral dan die heel besondere genade om deel van ‘n gesin te wees. Om van iets bewus te wees, lei tot die verdieping van die ervaring. Jy leer om dit nie as vanselfsprekend te aanvaar nie, maar om daaraan te bou, dit te ontgin en te benut.
Dit is nie om dowe neute nie dat die Here se goedheid in Psalm 68 onder andere daarin bestaan dat Hy eensames in ‘n gesin laat woon nie. Eensaamheid word hier voorgestel as die teenpool van gesinwees.Eensaamheid is een van die ergste dinge wat ‘n mens kan oorkom. Om alleen gelaat te word. Om niemand te hê wat omgee nie. Om verlate te voel. ‘n Eensame mens is ‘n mens buite gemeenskap met ander mense. Daarenteen is ‘n gesin juis mense in gemeenskap met mekaar. Dit is een van die gesofistikeerdste kommunikasiesentrums, want mense in verhoudinge is mense wat verbaal en nie-verbaal voortdurend met mekaar in gesprek is.
Hierdie grootste bate van gesinwees kan natuurlik ook sy grootste gevaar wees: Omin verhoudinge te staan. Ons ervaar goeie verhoudinge binne die gesin te maklik as ‘n vanselfsprekendheid. Die feit is dat goeie verhoudinge een van die allerlaaste dinge is wat vanselfsprekend is. Dit druis immers direk teen die mens se sondige natuur in. Die sondaarmens is ‘n mens vir homself, ‘n ek-mens, ‘n alleenmens. In goeie verhoudinge moet jy bereid wees om ‘n mens vir ander te wees.
Natuurlik is daar in elke gesin lief én leed. Vreugde én hartseer. Mense verstaan mekaar nie aldag ewe goed nie. Die noodsaaklike kommunikasie is dikwels glad nie so seepglad en gemeensaam nie. Uiteindelik is die gesinne nie so gelukkig nie. ‘n Mens kan selfs in ‘n gesin ook eensaam wees …… Juis daarom behoort die voorreg van gemeenskap nooit as vanselfsprekend gereken te word nie. Dit is altyd die vrug van harde werk.
Dit begin by die bereidheid om onselfsugtig mens te wees, om vir ander beskikbaar te wees. Om gelukkig gesin te wees vra fyn balans van begrip, aanvaarding, tegemoetkoming en leifde. Veral liefde. ‘n Huis is meer as ‘n versorgingsoord. Dis ‘n tuiste. ‘n Geborgenheid. ‘n Ontladingsruimte. Die samevloeiing van stemminge, emosies en ervaringe. Die gevoel dat ek kan ontspan. Dat ek behoort.
Die gesin is boweal die prototype van die Koninkryk van God. Gemeenskap en diens ter wille van mekaar en tot eer van God. ‘n Plek waar die wet van liefde ‘n ordelike en gelukkige leefruimte skep.
Om in ‘n gesin saam te woon, is een van die Here se uitsoek seëninge! Waardeer en geniet dit as ‘n onvervangbare kosbaarheid. Jy is daar vir iemand anders! Moenie kla nie - dis 'n voorreg.
Dr Jan
One woman's journey off the highway onto the straight and narrow
Blogger Templates
Labels
- 12 Steps (109)
- AA (158)
- Acceptance (33)
- Al-Anon (6)
- Big Book (46)
- detachment (5)
- divorce (3)
- Experience Strength and Hope (2)
- Happy Joyous Free (1)
- Recovery (164)
- Resentment (3)
- Separation (6)
- Sobriety (158)
Blog archive
Powered by Blogger.
Waking up...
Daily Quotes
more Quotes
Powered by WordPress
©
Journey to Sobriety - Designed by Matt, Blogger templates by Blog and Web.
Powered by Blogger.
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment